Van Jaarsveld
Family

Boodskap van Christus se koms na die wêreld


Dis hierdie tyd van die jaar wat ons weer nadink oor die koms van die Here Jesus in die liggaam van ‘n babamensie in hierdie wêreld.

In Filippense 2:5-7, lees ons (Afr 2020 vertaling): “Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees: Hoewel Hy in die gestalte van God was, het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie, maar Hy het Homself daarvan leeggemaak, deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word….”

Ons behoort hierdie voorbeeld van Jesus Christus na te volg dat ons ook in hierdie nederige gesindheid sal lewe, soos wat die apostel Paulus hier aan ons voorhou. Hierdie is dan ons eerste boodskap vandag rakende toe geboorte van Jesus en dit kom hier uit die Filippense brief.

Maar ek het vandag nog ‘n boodskap omtrent die geboorte van die Jesus Kind, maat dié keer vanuit die Boek Openbaring:

Openbaring 12:4-5: “Die draak het toe voor die vrou wat op die punt was om geboorte te skenk, gaan staan om, sodra sy geboorte skenk, haar kind te verslind. Sy het geboorte geskenk aan ‘n manlike kind, bestem om al die nasies met ‘n ysterstaf te regeer. (LEB).

Die vrou is hier ‘n simbool van God se volk. Ons word getroos daarin dat ons sien hoedat die Messiaanse profesie deur Dawid in Psalm 2:7-9 hier vervul word. “Ek wil die vaste besluit bekend maak: Die Here het vir my gesê: ‘Jy is my seun, vandag het Ek jou verwek. Vra dit van My en Ek sal volke gee as jou erfdeel, die uithoeke van die aarde as jou eiendom. Jy sal hulle verpletter met ‘n ystersepter, soos erdewerk sal jy hulle stukkend slaan.” (LEB)

Hierdie Kind het die Koning geword van God se Koninkryk oor al die nasies. Maar hierdie geboorte verhaal van Jesus betrek ook ons as gelowiges and volgelinge van Christus. Dit beskryf die die aanslag van die geestelike vyand op ons lewens:

Openbaring 12:17: “Die draak was woedend vir die vrou, en het weggegaan om oorlog te voer teen die res van haar nageslag wat die gebooie van God nakom en vashou aan die getuienis wat Jesus gelewer het.” (Afr 2020)

As troos vir ons in hierdie geestelike stryd, sien ons hoe God Sy kinders na die wildernis neem waar Hy hulle voed en versorg, weg van die Draak af (Dink aan die geskiedenis van God se volk Israel wat Hy uit slawerny in Egipte bevry en deur die woestyn neem na die Beloofde Land.)

Ek rond hierdie boodskap af met hierdie boodskap van Openbaring 12:11: “Húlle het hom oorwin,
op grond van die bloed van die Lam, en op grond van hulle getuienis. Selfs in die aangesig van die dood het hulle nie hulle eie lewens liefgehad nie.”. (Afr 2020)

Ons kan en behoort te oorwin in hierdie stryd, omdat Jesus gebore is en volmaak gelewe het as mens:
1) Ons moet elkeen die persoonlike getuienis hê dat die bloed van die Lam, Jesus, ons sonde weggewas het en dat ons Hom toelaat om ons te bly reinig, en
2) Ons is toegewyd en uitverkoop aan Christus en die lewe wat ons leef in Hom – niks is belangriker as dit nie!

Mag ons almal ‘n wonderlike tyd hê in ons viering van die koms van Jesus na die wêreld, en mag ons lewe in nederigheid, met ‘n getuienis en toewyding aan ons Here!

Ontvang asseblief God se seën in jou lewe! Mag jy ‘n vrugbare en voorspoedige nuwe jaar hê!

Engelse Weergawe/English Version: https://janvanjaarsveld.com/2024/12/25/message-of-christs-coming-to-the-world/


2 responses to “Boodskap van Christus se koms na die wêreld”

  1. Babsie Powell Avatar

    Dit is werklik n baie mooi en kragtige boodskap, Jan. Baie dankie dat jy dit ook met my gedeel het. Mag onse Hemelse Vader se Vrede en Seeninge , ook vir jou en jou familie wees, gedurende die Christus Fees en altyddeur. Voorspoed ook vir die Nuwe Jaar wat voorle. Liefde in Jesus Christus 🙏

  2. Christiaan J Visser Avatar

    Online,
    Seënwense

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *